Thursday 20 October: Day 64

During Gym:

Phedra Cut Sachet

Breakfast:
Half cup cooked oats with 8 raw Almonds
2 CLA 1000
1 Serving 100% Whey Protein

Mid morning Snack:
1 Serving  100% Whey Protein

30 minutes before lunch:
3x Phedra Ultra XT

Lunch:
1 Slice Rye bread with fat free cottage cheese and cucumber

Late afternoon:
Green Apple

Dinner:
Mixed Veggies – Steam it
180gram Fish Steam It – Sea Harvest

After Dinner – 2 CLA 1000′s

Training: Morning Session:  Cardio (30 min treadmill, Stepper where you use arms (don’t know the name) some rowing and bicycle.
Gym: 5:53 am
Calories: 398 kcal
Calculated fat: 24%
Duration: 1 hour 8 min
Average heart: 148 Maximum: 175
Maximal performance and fitness improving

Training: Afternoon Session:  Legs (What a killer)
Gym: 16:20 pm
Calories: 405 kcal
Calculated fat: 26%
Duration: 1 hour 20 min
Average heart: 141 Maximum: 185
Maximal performance improving

Legs - Cutting/Toning Phase

Hi almal ek is jammer as ek bietjie stil was die laaste paar dae, maar hier is ek weer😉. Ek sien die interaction op die blog word nie meer nie en sou graag bietjie meer advies wil he van julle af van hoe ons meer soos ‘n community kan word waar ons idees en gedagtes en ervaringe kan deel? Die challenge sover vir my is LIFE CHANGING! Mense ek was al moeg, opgewonde, sad, happy, challenged en alles in een die laaste paar weke.

Kyk myself leer ken in die proses is defnitief op die lysie! Ek is oppad na week 10 toe wat volgende Donderdag sal wees en die tyd raak min. By tye voel dit of die tyd vlieg en by ander tye voel dit of dit stilstaan…

Ek het besluit om die post in Afrikaans te tik, sommer net omdat ek wil😉. Dan het ek ook my oefen program aan gepas en het besluit om nie die laaste week van my Phase 2 te doen nie maar dadelik in te gaan op Phase 3 wat beteken cutting/toning tye wat nou voorle.

Vandag was die eerste dag van bene en ek is GEDAAN. Nee wag dit is ‘n understatement. Die intensiteit van die Phase is redelik hoog en defnitief in die rigting van baie fat burn en endurance so tussen in. Die reps is aangepas na meestal 15 toe asook met ander vlakke as die van die gewone program. Meestal supersets of working sets met ‘n aktiewe rus soos bv. Springtou tussen in. Dit was rof maar lekker.

Diet gewys gaan dit baie goed en het nog nie regtig een cheat gehad nie. Dalk die 6 chippies nou die dag maar that is about it! Die is al absoluut vir my ‘n leefstyl en weet nie of ek ooit weer anders sal kan leef nie. Dalk die feit dat dit sulke harde werk verg elke dag.

More het ek ‘n Golfdag waar ek bietjie gaan bemarking doen vir ons groep: Willows Garden Hotel | Elgro Hotel |Elgro River Lodge. Sal more oggend moet seker maak oor my kosblik wat ek pak want dit gaan beteken mooi pak…Dan gaan ons die naweek bietjie Pretoria toe waar ons dan ‘n troue aan het die Saterdag. Julle ek het besef hoeveel motiveering dit verg by sulke geleenthede. Ek het in die week (Dinsdag aand) die Luiperd Rugby Jaareindfunksie gehad en kon natuurlik niks eet nie. Het myself darem voor die tyd bederf met Sushi maar dit was net nie dieselfde nie! Het wel bietjie slaai ingeskep en moet maar se dat die mense jou maar vreemd aankyk aan tafel as jy nie eet nie! Boonop het ons maatskappy nog die catering ook gedoen so wonder wat die mense gedink het😉. Maar nou ja so kom mens ook op ‘n plek waar wat ander dink nie noodwendig meer saak maak nie…

Dan as dit kom by die supplementasie: Ek het bietjie adjustments gemaak bv GEEN Creatine meer nie (gelukkig net so 3 keer gedrink) en dan ook geen Diet Fuel vir in between meals nie maar net 100% Whey Protein. Dan het ek nou begin om my Phedra Cut Ultra Xt te vermeerder na 3 kapsules i.p.v 2. Ek moet eerlik se al die pille en dinge is vir my nog moeilik om deel te maak van my leefstyl. Ek is glad nie lief vir medikasie/pille nie so dit bly nogal vir my moeilik om te grasp dat soveel wel gesond en noodsaaklik is? Wat dink jy?

Wel ek is gedaan en gaan nou nag se aan almal en ek hoop dat jou Vrydag more amazing sal begin en dat jy ‘n clean eating naweek sal he.

Groete tot volgende post,

Los gerus ‘n comment by hierdie post!

About lifestylechallenges

Brand & Marketing Manager | BA Graphic Design & Multimedia | Higher Diploma in Photography | USN Lifestyle Athlete | Busy studying Sports Nutrition & Supplementation | USN 12 Week Challenge Contestant | Passionate about healthy living and working out...

Posted on October 20, 2011, in Daily Post and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. 1 Comment.

  1. Moenie stop nie! Ek geniet jou blog baie. Ek is gesubscribe en lees elke aand as ek in die bed klim jou dag se gebeure!

    Ek is ook op die 12 week challenge – week 5 en dis amazing. Ek wil nie die kompetisie wen nie, so geen foto’s ens nie, maar ek stem saam, die is `n lifestyle verandering en dit kom makliker as wat `n mens dink! Ek het 2 kinders, die jongste is 6 maande oud, so om 6 keer `n week in die gym te kom was moeilik, maar nou besef ek dat ek MEER energie het vandat ek op die challenge is! Weird but true.

    Sterkte, jou aan om ons te inspire!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: